YOUR CART
- No products in the cart.
Subtotal:
R0,00
BEST SELLING PRODUCTS
R250,00


Dankie aan ons diamant-borge!








Kom geniet ‘n viering van tradisie, geselligheid en sukses op die Lutzville skougronde van 29 Julie tot 1 Augustus 2026.
Ons sien uit na ‘n skou wat al ons verwagtinge oortref – ‘n geleentheid waar die hele gemeenskap saamkom vir ‘n onvergeetlike ervaring.
Die Lutzville Landbouskou is ‘n viering van ons ryk erfenis en die opregte gasvryheid waarvoor ons dorpie bekend is. Sedert die eerste skou in 1946 het dit gegroei tot ‘n fees van musiek, uitstallings, vermaak en kompetisies – ‘n gebeurtenis wat nie net opwinding bring nie, maar ook belangrike beleggings in ons streek aanmoedig.
Stalletjie-aansoeke vir die Lutzville Landbouskou is nou oop. Ons nooi kosverkopers, handwerkers, entrepreneurs en besighede om deel te wees van hierdie besondere gemeenskapsgeleentheid. Die skou bied ’n unieke platform om jou produkte aan ’n wye gehoor bekend te stel en deel te vorm van ’n tradisie waar gemeenskap en besigheid hande vat. Voltooi die aansoekvorm of rig enige navrae per e-pos aan stalls@lutzvilleskou.co.za. Ons sien daarna uit om jou as deel van die skou te verwelkom.
Kom geniet ’n oggend vol inspirasie, bemoediging en waardevolle gesprekke by ons heerlike damesoggend op 1 Augustus 2026, saam met Reandi Grey as gaspreker. Daar sal ook ’n lucky draw wees met verskeie pryse om te wen. Elke vrou wat ’n kaartjie koop, ontvang ’n goodie bag ter waarde van R100, wat ’n tydskrif, sappie, beskuit, rooibostee en tandepasta insluit. Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie – bring jou vriendinne saam vir ’n oggend van kuier, inspirasie en bederf.
By die Lutzville Landbouskou is daar pret vir oud en jonk! Ons het ’n spesiale area vir kindervermaak, vol interaktiewe aktiwiteite onder toesig wat die jongspan sal wegblaas. Van speletjies tot avontuurlike ervarings – jou kinders gaan besig, gelukkig en vol opwinding wees terwyl die gemeenskap saam kuier.
Plaaslike geure en fyn smake. ’n Ontspanne wynervaring om te geniet en te onthou.
Lag, speel en ontdek. Aktiwiteite wat jong harte van alle ouderdomme besig en gelukkig hou.
Geurige potte en warm kole. Spanwerk, trots en egte skougees kom hier bymekaar.
Liplekker tradisie met ’n knipoog. Dapper deelnemers, groot lag en skou-pret.
Klein sterre met groot drome. Pret, selfvertroue en skougees vir die jongspan.
Dis nie net ‘n skou nie maar ons het die beste kunstenaars geteken om jou te vermaak. Maak seker jy kry jou plek en tafel vroegtydig bespreek.
Maak seker jy kry jou kaartjies nou!
Die Lutzville Landbouskou sou nie moontlik wees sonder die ongelooflike ondersteuning van ons borge nie. Julle betrokkenheid, bydraes en geloof in die skou maak dit moontlik om tradisies lewendig te hou en elke jaar iets besonders vir ons gemeenskap te bied. Ons sê opreg dankie aan elke borg wat reeds hande vat met ons – en ons maak steeds op julle staat om saam met ons te bou aan die toekoms van die skou. Hieronder volg die borge wat die Lutzville Landbouskou in vorige jare ondersteun het – ons is trots om julle name te wys.
Ons wil graag opreg dankie sê aan vanjaar se borge vir julle waardevolle ondersteuning en vertroue in die Lutzville Landbouskou. Julle bydraes maak ’n tasbare verskil en help om die skou moontlik te maak. Indien jy self belangstel om deel te wees as ’n borg, nooi ons jou uit om die borgbrief hieronder deur te lees. Stuur gerus jou navraag of voltooide borgbrief na sponsors@lutzvilleskou.co.za – ons sien daarna uit om saam met jou te bou aan die toekoms van die skou.






Tjaart Lotter: 076 985 0187
Melanie Agenbag: 083 283 3617
Analéne Mouton: 083 234 2372
Posbus 182, Lutzville, 8165
Lutzville Sportsgronde
© Copyright 2026 Lutzville Landbouskou. All Rights Reserved. By Liefleef Media & 123ByMe Digital Creations
