Inskrywingsvorms & Meer Inligting
Skou Baba 2026
Ouderdom: 0-18 maande
R50 inskrywingsfooi
Slegs ‘n AANLYN kompetisie (Facebook)
Inskrywings sluit 30 Junie
Stemme werk as volg:
• 1 like/reaction op foto/video = 1 punt
• 1 share van foto/video = 2 punte
Geleentheid vir stem sal op Facebook geskied vanaf 6 tot 23 Julie. Wenners (1ste, 2de & 3de plek) sal aangekondig word op Facebook die 24ste Julie.
Die baba wat 1ste plek behaal moet asseblief die 1ste Augustus beskikbaar wees by die skou (verdere reëlings sal later deurgegee word).
Mej. Lutzville Landbouskou
Die Mej Lutzville Landbouskou-kompetisie is ’n viering van elegansie, selfvertroue en persoonlikheid. Deelnemers verteenwoordig nie net uiterlike styl nie, maar ook die gees, trots en waardes van die Lutzville Landbouskou. Dis ’n glansryke hoogtepunt waar jong vroue die kans kry om te groei, hulself te wys en ’n blywende indruk te maak.
Junior Mnr. & Mej.
Donderdagaand 30 Julie 2026.
Hier kry die jongspan hul oomblik om te skitter. Die Junior Mnr. en Mej. Skoukoning en -koningin-afdeling fokus op pret, selfvertroue en deelname in ’n veilige en ondersteunende omgewing. Dis ’n vrolike kompetisie wat kinders aanmoedig om hul persoonlikheid te wys en deel te wees van die skou se unieke gees.
Kontak Leanne Joubert by 082 925 3994.
Damesoggend
Kom geniet ’n oggend vol inspirasie, bemoediging en waardevolle gesprekke by ons heerlike damesoggend op 1 Augustus 2026, saam met Reandi Grey as gaspreker.
Daar sal ook ’n lucky draw wees met verskeie pryse om te wen. Elke vrou wat ’n kaartjie koop, ontvang ’n goodie bag. Moenie hierdie spesiale geleentheid misloop nie – bring jou vriendinne saam vir ’n oggend van kuier, inspirasie en bederf.
Perdeskou
Elegansie, krag en dissipline kom saam in die perdeskou. Ruiters en perde wys hul vaardighede in die arena en bied ’n skouspel wat altyd groot belangstelling lok.
Inskrywings kan binnekort gedoen word.
Gholf
’n Ontspanne dag op die gholfbaan waar deelnemers en ondersteuners saam kuier. Goeie spel, lekker geselskap en ’n bietjie kompetisie maak dit ’n hoogtepunt vir gholfliefhebbers.
WhatsApp vir inskrywingsvorm en navrae:
Mike 083 654 0246
Pluimvee Skou
’n Belangrike deel van ons landbou-erfenis. Uitstaande pluimvee word met sorg en kundigheid beoordeel, en besoekers kry die kans om meer te leer oor hierdie tradisionele skou-afdeling.
Inskrywings: wkpk@saspo.org.com
Stalletjies
Stalletjies vorm die hartklop van die Lutzville Landbouskou en skep ’n lewendige atmosfeer vol geur, kleur en kreatiwiteit. Van kos en handgemaakte produkte tot unieke plaaslike besighede – elke stalletjie dra by tot die skou-ervaring. Dit is ’n besondere geleentheid vir uitstallers om hul produkte aan ’n wye gehoor bekend te stel en vir besoekers om plaaslik te ondersteun en iets nuuts te ontdek.
Sterkman Kompetisie
Rou krag en uithouvermoë staan hier sentraal. Deelnemers toets hul fisiese vermoëns in uitdagings wat spanning, opwinding en groot aanmoediging van die skare bring.
Inskrywings kan op die skou terrein gedoen word.
Wynproe met Lutzville Wingerde
Geniet die fyn geure en smake van plaaslike wyne in ’n ontspanne omgewing. Hierdie wynproe-ervaring is ideaal vir diegene wat wil ontspan en die beste van Lutzville se wingerde wil waardeer.
Potjiekos en Baaikompetisie
Die geur van potjiekos en die hitte van die kole bring spanne bymekaar in ’n vriendelike maar kompeterende atmosfeer. Dis ’n viering van samewerking, kreatiwiteit en egte skougees waar elke pot en braai sy eie storie vertel.
Sweepslaan Kompetisie
Die ritmiese klank van sweepslae vul die lug terwyl deelnemers hul vaardigheid en tegniek ten toon stel. Dis ’n energieke en unieke kompetisie wat altyd aandag trek.
Inskrywings kan op die skouterrein gedoen word.
Skaapkop Eet Kompetisie
’n Gewilde tradisie met ’n goeie dosis humor. Dapper deelnemers neem die uitdaging aan, tot groot vermaak van die skare en egte skou-pret.
Droëkraal Skaapkop Eetresie R100 inskrywing. Top 3 vinnigste eters ontvang pryse. Eerste plek ontvang ook die Wisseltrofee. Skaapkop en bier ingesluit.
Kontak Deon vir inskrywings, beperkte aantal deelnemers 082 804 5709.
Spoedsluk Kompetisie
Hoe vinnig kan jy ‘n drankie afsluk? Kom wys vir ons jou spoedsluk-vernuf by vanjaar se skou!
Inskrywings kan op die terrein gedoen word.










